Bentley

Bentley
Tipe Filiaalmaatskappy
Gestig 18 Januarie 1919
Hoofkantoor Crewe, EngelandVerenigde Koninkryk
SleutelpersoneWolfgang Dürheimer (voorsitter, uitvoerende hoof)[1]
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieOntwikkeling, produksie, verspreiding
ProdukteContinental Flying Spur
Continental GT
Bentayga
Mulsanne
Dienstemotoraanpassing
Inkomste€1 453 miljoen (2012)
€1 119 miljoen (2011)
Werknemers3 600[2] (2013)
MoedermaatskappyVolkswagen
Webwerfbentleymotors.com

Bentley is 'n Britse vervaardiger van groot, gerieflike en baie duur motorkarre, soortgelyk aan die Rolls-Royce. In 1998 het Volkswagen Bentley vir £ 430 000 000 gekoop.[3]

Die maatskappy is 18 Januarie 1919 deur Walter Owen Bentley (1888–1971) in Engeland gestig. Ná die Eerste Wêreldoorlog was Bentley bekend vir sy sportmotors wat aan die Le Mans-wedrenne deelgeneem, en dikwels ook gewen het. Bentley word in 1931 deur Rolls-Royce oorgeneem, waarna produksie is vir 2 jaar gestaak is. Sedert 1998 word Bentley egter deur die Duitse Volkswagen-groep besit. Vanaf 2012 is hulle grootste afsetgebied in China.

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2017. Besoek op 31 Desember 2016.
  2. (en) Armistead, Louise (9 Oktober 2013). "Video: behind the scenes at the Bentley factory". The Daily Telegraph. London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2019.
  3. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search